Leerling jaag glo ander met vuurwapen by skool rond

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie sê hulle is bewus van ‘n video wat op sosiale media die rondte doen van ‘n konfrontasie wat buite ‘n skool in Krugerstraat op Wolmaransstad plaasgevind het.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê ‘n leerling het glo sy pa se vuurwapen skool toe geneem en ander kinders daarmee rondgejaag.

Twee klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is geopen en die vuurwapen is by die leerling gekonfiskeer.

Die polisie ondersoek die saak.