Koningin Elizabeth is tans onder mediese toesig omdat dokters bekommerd is oor haar gesondheid, het Buckingham-paleis vanoggend bekendgemaak.
Kommer heers oor die 96-jarige koningin se gesondheid en prins Charles het reeds na Balmoral vertrek. Die hertogin van Cornwall en prins William is ook op pad om by haar te wees.
Daar is Woensdagaand ‘n aankondiging gemaak dat koningin Elizabeth ook nie ‘n virtuele vergadering van die Privy Council sou bywoon nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



