Boer (58) in die hof oor vermeende ontvoering, aanranding van 14-jarige

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boer van Klawer in die Wes-Kaap, Frans Niewoudt, het Dinsdag in die landdroshof verskyn in verband met die vermeende ontvoering en aanranding van ‘n 14-jarige slagoffer.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig Niewoudt het Dinsdag in die hof verskyn na hy op 1 September in verband met die voorval in hegtenis geneem is.

Niewoudt het na bewering die slagoffer in sy voertuig gelaai en volgens die polisieverslag glo ook aangerand na sy glo op sy plaas betrap was toe sy groente probeer steel het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel