Die Rocco Knobel Voortrekkerkommando in Kimberley het die naweek vier dekades van Voortrekkers in die Diamantstad feestelik gevier.
Dit was lekker om te luister na die staaltjies en stories wat ‘n verhaal vertel van hoe die Voortrekkers deur die visie en dienswerk van geslagte, vlotbou op Bodemvas, herdenkings op Magersfontein vier, spankampe en nagmarse hou en in die Noord-Kaap wortelgeskiet het.
Chris Human het by die geleentheid ‘n toekenning ontvang vir 50 jaar ononderbroke getroue diens, waarvan 40 jaar spanoffisier was. Hierbenewens het Human op Kaapland se dagbestuur en op die Voortrekkers se hoofdagbestuur gedien.
Ans Human het in eie reg ook oor ‘n halfeeu diep Voortrekkerspore getrap. Haar Voortrekkerkombuis op Bodemvas en heerlike boerekos is legendaries.
Die hartklop, toewyding en diensbaarheid van rolmodelle soos oom Chris en tannie Ans is die ink waarmee die Voortrekkerstorie oor geslagte geskryf word.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



