‘The Fast and Furious’ se Jordana Brewster trou

Deel hierdie storie / Share this story

The Fast and Furious-aktrise Jordana Brewster het Sondag met Mason Morfit by Redondo-strand getrou.

Van die ander akteurs van The Fast and Furious, by name Vin Diesel en Ludacris, het die troue bygewoon. Van die karre wat in die filmreeks gebruik was, was ook daar.

Oorlede Paul Walker, wat ook in die fliek speel, se dogter Meodow was ook daar.

Die paar het weggery in een van die filmreeks se karre, spesifiek die kar waarin sy en Paul Walker in die eerste film gery het.

‘n Foto van die twee sterre uit ‘n toneel in die film was aan die bestuurderskant teen die venster geplak.

Bronne: IOL, Instagram, The Digital Fix

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Olivia Wilde moes sekstonele uit ‘Don’t Worry Darling’ se lokprent sny