Instagram beboet oor kinders se veiligheid

Deel hierdie storie / Share this story

Instagram is €405 m. deur Ierse reguleerders beboet omdat hulle glo kinders se privaatheid skend.

Die klagtes gaan oor kinders se data, soos hulle selfoonnommers en e-posadresse, wat op Instagram gestoor word.

Sommige kinders kry glo besigheidsrekeninge om die ontledingnutsmiddels (analytics tools) te kan gebruik om te sien wie hulle profiele besoek het, sonder dat hulle besef dit maak meer van hulle persoonlike besonderhede aan die publiek beskikbaar.

Meta, wat Instagram besit, het gesê hulle gaan teen die besluit appelleer. Dit is die derde boete wat Instagram van reguleerders gekry het.

Bronne: BBC, Tech Crunch, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kuberkrakers steel glo meer as 2 biljoen gebruikers se inligting op TikTok