Hofsaak oor hernuwing van bestuurslisensies gaan voort

Deel hierdie storie / Share this story

Fikile Mbalula, die minister van vervoer, het ’n aantal aankondigings gemaak in verband met bestuurslisensiekaarte.

Eerstens het hy die publiek daarvan in kennis gestel dat die kabinet die vervanging van die huidige bestuurslisensiekaarte goedgekeur het. Volgens Mbalula is die huidige ontwerp van die lisensiekaarte verouderd en moet dit aangepas word om aan wêreldwye standaarde te voldoen. AfriForum sê hy het sy bedenkinge oor die implementering van nuwe bestuurslisensiekaarte, aangesien die departement van vervoer nie ’n goeie rekord het wat die implementering van nuwe stelsels betref nie.

“’n Voorbeeld hiervan is dat die NaTIS-stelsel 15 jaar ná vrystelling steeds nie behoorlik funksioneer nie.  Tweedens, het Mbalula ook gesê dat hy die kabinet gaan vra om ’n hernuwingstydperk van tussen agt tot tien jaar te implementeer.”

“Hierdie verlenging wat die minister van die kabinet gaan vra, spreek nie die regsleemte aan wat AfriForum met sy regsaksie geïdentifiseer het nie. AfriForum se regsaksie versoek dat die hernuwingstyperk van lisensiekaarte hersien en geskrap moet word, aangesien ons aanvoer dat die padverkeerswet stipuleer dat bestuurslisensies onbeperk geldig is. Ons gaan dus voort met ons regsaksie om ’n verklarende bevel te kry dat die wetgewing wat die vyf jaar hernuwingstydperk van bestuurlisensiekaarte voorskryf onredelik, arbitrêr en vaag is, asook dat motoriste nie gestraf mag word indien hulle met onhernude bestuurslisensiekaarte ry nie,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel