Paartjie in tromp-op botsing dood

Deel hierdie storie / Share this story

Twee jongmense van Bethal is Sondagoggend in ‘n tromp-op botsing net buite dié dorp dood.

Volgens Rekord was Gerrie Erasmus en Olga Erasmus, in hul vroeë 20’s nie familie nie, maar wel ‘n paartjie.

Hulle het aan hul beserings beswyk toe die voertuig waarin hulle gery het, omstreeks 02:30 reg van voor met ‘n steenkoolvragmotor gebots het.

Die ongeluk het sowat 6 km van Bethal af op pad na Hendrina op die R38 gebeur. Nooddienste en All City Towing was op die toneel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel