Die SAPD in Bandelierkop is op soek na ‘n 26-jarige vrou, Ntsako Rikhotso, van die Munzhedzi-dorpie wat op 19 Augustus 2022 vermis geraak het.
Sy is glo laas omstreeks 07:15 gesien, terwyl sy haar dogter reggemaak het om na die plaaslike kleuterskool te gaan. Later het sy ‘n familielid versoek om die kind te gaan haal omdat sy besig was.
Sy het nooit teruggekeer huis toe nie en is sedertdien vermis.
‘n Saak van ‘n vermiste persoon is op Saterdag 3 September 2022 by DIE Bandelierkop-SAPD geopen.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat kan help om die vermiste vrou op te spoor om die waarnemende stasiebevelvoerder kapt. Thomas Lekgau te kontak by 066 480 0414. Alternatiewelik kan hulle Crime Stop by 08600 10111 of die naaste polisiestasie of via MySAPS-toepassing bel.




