Smullekker ystervarkies

Deel hierdie storie / Share this story

Maklike resep vir ystervarkies.

Bestanddele

Koek:

625 ml koekmeel;

5 ml bakpoeier;

4 eiers (geskei);

250 ml water;

500 ml suiker;

sout

Stroop:

875 ml suiker;

450 ml water;

50 ml botter / margarien;

75 ml kakao;

5 ml vanieljegeursel;

klapper om in te rol

Metode

Koek:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Klop eiergele tot lig.

3. Voeg suiker by.

4. Voeg water by.

5. Meng droë bestanddele by.

6. Klits eierwitte tot droog.

7. Voeg laaste die styfgeklopte eierwitte by.

8. Skep uit in oondpan.

9. Bak vir ± 25minute.

10. Sny die koek in 3 cm blokkies wanneer heeltemal afgekoel is.

Stroop:

1. Verhit al die bestanddele vir die stroop buiten die geursel saam tot kookpunt in ‘n diep kastrolletjie.

2. Haal dit van die stoof af sodra dit kook en roer die geursel by.

Doop klein blokkies vining in die stroop en rol hulle dan in die klapper tot goed bedek. Die blokkies moenie met stroop deurtrek wees nie.

Wat ek gewoonlik doen, is ek doop die blokkies terwyl ek hul met ‘n braaitang vashou en sit hul dan net in ‘n leë bord sodat die oortollige stroop afloop.

Bron: Kombuis Resepte, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel