Die kabinet het Woensdag ‘n verklaring uitgereik oor nuwe munte wat in 2023 vrygestel sal word. Dit sal meebring dat die amptelike tale jaarliks oor die volgende 10 jaar op die munte roteer sal word.
Die woord “Suid-Afrika” sal op al die munte wees, in al die amptelike tale.
“Drie tale sal in die R5-munt gebruik word; twee tale op die R2-, 50c-, 20c- en 10-munte, en die R1 sal in een taal wees,” lui die verklaring.
Die beelde wat op die munte gebruik gaan word, is nog nie vrygestel nie.
Bronne: Business Insider, Munchen City of Green, Green Camino Books
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Duisende betoog in Kosovo oor beweerde verkragting van meisie (11)



