‘n Kimberley-inwoner is vanoggend in ‘n koeëlreën in West End oorlede.
Na berigte was die man op pad om sy kinders by die skool af te laai toe hy in sy motor doodgeskiet is.
Die polisie is bewus van die voorval. FiND iT het navraag ingesit, maar wag nog vir terugvoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



