‘n Driejarige kind is dood nadat haar pa haar alleen by die huis gelos het en sy vanuit die twaalfde verdieping van ‘n woonstelblok geval het.
Die pa was glo ten tye van die voorval by die werk.
Volgens kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, is ‘n 37-jarige man Maandag in Johannesburg gearresteer vir kindernalatigheid.
“Na bewering het die man op 18 Augustus sy dogtertjie om 19:00 alleen by die huis gelos toe hy gaan werk het. Sy het glo geslaap.”
Die ondersoek duur voort.



