‘n Polisieman in die Oos-Kaap word deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar nadat hy gevang is waar hy sy vriende met ‘n polisievoertuig na ‘n taverne vervoer.
Die polisieman het aanvankkik gesê hy is van die polisievoertuig beroof en kan nie sy pligte nakom nie, waarna hy toe uitgevang is dat hy sy vriende rondry.
Brig. Tembinkosi Kikana, polisiewoordvoerder, sê die 34-jarige konstabel het glo gesê die voorval het op 20 Augustus in Dalisille, Ngcobo, in die oggend-ure plaasgevind.
Hy het vertel dat hy deur onbekende verdagtes genader is nadat hy ‘n slagoffer van seksuele aanranding na ‘n mediese fasiliteit geneem het.
Hy is glo uit die voertuig gedwing en die booswigte het met die voertuig gevlug.
Die voertuig is die volgende dag by Sigidi Forest gevind.
‘n Video het het intussen opgeduik waar gesien kan word hoe die konstabel sy vriende in die polisievoertuig vervoer en drank in die polisievoertuig gelaai word.



