‘Dinosaur World’ is terug!

Deel hierdie storie / Share this story

“Die verbeterde Dinosaur World-uitstalling keer na Suid-Afrika terug met meer dinosourusritte, sagte speelgronde vir kinders en familie-aktiwiteite wat geskep is om ‘n dinosourusondervinding van wêreldgehalte te gee.”

Fotokrediet Dinosaur World

Hierdie uitstalling beloof om te vermaak met binnenshuise aktiwiteite van lewensgrootte robotdinosourusse, ‘n straatteater, verskeie ritte, speletjies, opgrawings en alles met ‘n dinosourustema.

Daar sal gratis kaartjies aan geselekteerde publieke skole aangebied word.

“Die Kaapstad-uitstalling is geskeduleer om binne enkele dae, op 2 Sepember 2022, hul deure te open by Martin Hammerschlagweg 31, Kaapstad.”

“Die Johannesburg-uitstalling sal op 11 November tot 22 Januarie 2023 vanaf Donderdae tot Sondae by Riversands Farm Village Fourways, Johannesburg, te sien wees.”

‘n “Standaard” kaartjie, en “Volle Ervaring” kaartjie is beskikbaar.

Kaartjies, wat slegs aanlyn beskikbaar is, kan nou bespreek word.

Besoek gerus die Dinosaur World Facebook-blad vir pryse van verskillende kaartjies, asook beperkte afslagkaartjies en vir foto’s en video’s om te sien watter tipe vermaak vir jou en jou gesin wag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel