As jy wonder wat jy vanaand vir poeding kan maak, hier is ‘n resep vir Milo-poeding.
Bestanddele
250 ml suiker
20 ml sagte botter
1 eier
275 ml koekmeel
100 ml Milo
5 ml koeksoda
250 ml melk
10 ml asyn
10 ml vanieljegeursel
Metode:
Klits die suiker en botter tot goed gemeng. Klits die eier by. Meng meel, Milo en koeksoda saam. Meng melk, asyn en vanielje saam. Voeg die meelmengsel by die melkmengsel. Klits baie goed saam. Gooi die asyn so bietjie-bietjie by terwyl jy klits. Skep uit in gesmeerde bak. Bak by 180 °C.
Sous
100 g sjokolade
125 ml room
160 ml melk
30 ml botter
80 ml milo
Smelt sjokolade, melk, room en botter. Voeg dan die Milo by. Roer alles lekker saam, die Milo smelt nie regtig nie. Gooi dan die warm sous oor die warm poeding.
Resep: Hannatjie van Niekerk
Bron: Source Rosestad 100.6 FM
Repost Kaalvoet: Barefoot Chef



