Altesaam 168 Donderdag in Pietermaritzburg vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in KwaZulu-Natal het Donderdag in totaal 168 persone, waarvan 165 onwettige immigrante, in dié provinsie in hegtenis geneem.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n multidissiplinêre veldtog in Alexandrastraat in Pietermaritzburg gehad na kriminele aktiwiteite by die stortingsterrein gerapporteer is.

Die polisie het gehoor dat stryery tussen die sakkrappers al tot aanranding en selfs moord gelei het.

“Die span het 168 persone in hegtenis geneem, waarvan 165 onwettige immigrante was,” sê brig. Naicker. “Die verdagtes is op aanklagte van oortreding van die immigrasiewet, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Polisiebeamptes het ook twee vuurwapens, ammunisie en dwelms gekonfiskeer.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 18 en 55 jaar oud, sal na verwagting in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel