Finalis vir Mejuffrou Engeland doen dit sonder grimering

Deel hierdie storie / Share this story

Melisa Raouf (20), ‘n finalis vir Mejuffrou Engeland, is volgens Eve Tawfick van Daily Mail Mailonline, die eerste skoonheid in die 94ste bestaansjaar van die kompetisie om sonder grimering deel te neem.

Fotokrediet Daily Mail

Hierdie student in politieke wetenskap by King’s College in Londen het met ‘n “skoon gesig” na die finaal deurgedring.

Sy beskuldig giftige sosiale media van druk op meisies en wil die “toksiese standaarde” vir skoonheidskompetisies uitwis.

Melisa gaan op 17 Oktober saam met 40 ander deelnemers meeding vir dié gesogte kroon.

Dié natuurlike skoonheid het die beoordelaars in Londen verstom tydens die semi-finale, en sê sy het dit gedoen om ander meisies te inspireer om hul natuurlike skoonheid te omhels en innerlike skoonheid te bevorder.

“Toe ek op ‘n jong ouderdom begin het om grimering te gebruik, het ek nooit gemaklik in my eie vel gevoel nie.”

Sedert haar verskyning op die loopplank is sy oorval deur boodskappe van mense wat sê sy inspireer hulle.

Die organiseerders het voorheen die “Bare Face Top Model“-rondte aangekondig, maar hierdie is die eerste keer wat ‘n skoonheid sonder grimering die titel wen.

“Indien iemand gelukkig is in haar eie vel moet ons haar nie dwing om haar gesig met grimering toe te maak nie.”

“Ons foute maak ons wie ons is en dit is wat elke inividu uniek maak.”

“Ek het onlangs eers aanvaar dat ek mooi is in my eie vel en dit is waarom ek besluit het om deel te neem sonder grimering,” sê Melisa.

Sy gaan die finaal vir die kroon as die mooiste in Engeland weer sonder grimering aandurf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel