Verdagtes vas wat glo gesteelde ‘excavator’ op vragmotor wou laai

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 40 is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor ‘n verdagte graafmasjien (excavator) op ‘n plaas buite Bethal. Verdagtes wou dit glo op ‘n vragmotor laai.

Die polisie het vinnig reageer en die vier verdagtes op die plaas aangekeer.

Die masjien is vroeër in Augustus in Limpopo as gesteel aangemeld.

Die vier verdagtes, Banele Mkhonza (25), Mduduzi Hadebe (32), Phumlani Nkosi (33), Themba Mtsweni (36) en Nsizwa Nxumalo (40) is in hegtenis geneem. Hulle het in die hof verskyn en die saak is tot 30 Augustus vir ‘n formele borgaansoek uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel