Twee vas oor miljoene rande se koper

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes van onderskeidelik 28 en 32 sal na verwagting in die Pretoriase landdroshof verskyn na hulle glo in die besit van vermoedelik gesteelde koper betrap is.

Kapt. Lloyd Ramovha, polisiewoordvoerder, sê die Valke het reageer op inligting oor ‘n vragmotor vol koper wat van Limpopo na Gauteng op pad was.

Die vragmotor is voorgekeer, deursoek, en volgens kapt. Ramovha is “miljoene rande se koper” gekonfiskeer.

Volgens voorlopige ondersoek is die vragmotor in Botswana gesteel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel