Die tema is vanjaar I Celebrate SA.
Die Nasionale Raad vir persone met Gestremdhede (National Council of and for Persons with Disabilities in South Africa (NCPD)) vier hierdie jaar hul 28ste Loslitdag ten bate van persone met gestremdhede.
“Ons dankbaarheid gaan aan ons lojale ondersteuners wat oor die jare gehelp het om meer as R411 miljoen rand vir persone met gestremdhede, in te samel. ‘n Spesiale dankie aan ondersteuners groot en klein wat verlede jaar deelgeneem het aan Loslitdag (Casual Day) en ons gehelp het om ‘n verskil te maak in die lewens van persone met gestremdhede gedurende een van die moeilikste tye van ons land.”
‘Om aan te trek vir Loslitdag moet jy nie vergeet om jou amptelike Loslitdag-plakker vir ‘n donasie van R20 aan te skaf nie.”
“Die gaafste ding wat jy kan doen, is om jou Loslitdag-plakker en aankope soos T-hemde, hoede, en ander verwante items op die dag te dra.”
“Jou donasie ondersteun organisasies vir gestremdhede, so kry jou plakker van deelnemende nie-regeringsorganisasies (NRO), ons webtuiste, staatsdepartemente, besighede en skole.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



