Taj Jackson, Tito Jackson se seun, het op Twitter gekla oor die feit dat Harry Styles deur die Rolling Stone-tydskrif beskryf is as die nuwe “King of Pop”.
Michael Jackson het die titel as die “King of Pop” gehad toe hy gelewe het en selfs na sy dood. Die titel is selfs deur die Estate of Michael Jackson in ‘n handelsmerk verander. Mense wat die titel wou gebruk vir iets anders is al gedagvaar.
Baie ander Twitter-gebruikers was ook woedend oor die feit dat Harry Styles die nuwe “King of Pop” genoem word en sommige glo dat dit wys hulle is “rassisties”, veral aangesien hulle die titel voorheen in 2003 aan Justin Timberlake wou gee.
There is no new King of Pop. You don’t own the title @RollingStone, and you didn’t earn it, my uncle did. Decades of dedication and sacrifice. The title has been retired. No disrespect to @Harry_Styles, he’s mega talented. Give him his own unique title. https://t.co/td6SSSVkfX
— Taj Jackson (@tajjackson3) August 22, 2022
Bronne: IOL, NY Post, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Bachelor SA-ster Lee Thompson glo weer in rehabilitasiesentrum



