Man wat vrou glo laat doodbrand gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Die Mamelodi-polisie het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen vir inligting om ‘n man te vind wat daarvan verdink word dat hy sy meisie in ‘n shack laat doodgebrand het.

Sibanyoni John Sifiso (35) is volgens konstabel Lethabo Mashiloane, polisiewoordvoerder, op 3 Februarie 2021 van die moord op sy meisie in die Skierlik- informele nedersetting verdink.

Hy het glo gesê die vrou is doodgebrand in ‘n shack gevind.

’n Motief vir die moord was nog onbekend.

“Ons gaan voort met ondersoeke. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om die polisie te help om hom op te spoor,” het Mashiloane gesê en bygevoeg dat die verdagte as gevaarlik beskou word.

Die publiek is aangeraai om nie die verdagte aan te keer sou hulle hom sien nie, maar om eerder hul naaste polisiestasie te kontak.

Enigiemand wat moontlik weet waar hy hom bevind, word versoek om speursersant Masha by 012 815 7020 of 082 325 0701 te bel.