Mohammad Shahawaz Ashghar is veilig met sy familie herenig.
Volgens eNCA is Shahawaz gisteraand tydens ‘n polisie-operasie in Kayelitsha teruggekry en ‘n losprys is wel betaal.
Volgens kol. André Traut, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, is Shahawaz terug by sy familie. Inligting oor die saak word steeds as sensitief hanteer, omdat die polisie-ondersoek voortgaan en verdagtes nog gearresteer moet word.
Die Primêre Skool Hidayatul Islam het in ‘n skrywe aan ouers gesê dat Shahawaz nie by die skool ontvoer was nie, en dat eenhede vir misdaadintelligensie, provinsiale georganiseerde misdaad, ‘n spesiale taakmag, en gyselaareenhede saamwerk om die seun se veilige terugkeer te verseker.
Mnr. Cheslyn Steenberg, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum van Kensington in die Wes-Kaap, het almal bedank wat ‘n rol gespeel in die saak.
“Ons bedank die Allerhoogste vir die veilige terugkeer van Shanawaaz. Ek wil almal wat betrokke was in hierdie verband bedank; dit word waardeer. Nou het ons meer te doen. Gemeenskappe moet meer doen om gemeenskapspolisiëring te help, om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk, en nie ‘n tree terug te gee nie. Ons het almal ‘n rol om te speel vir ‘n veiliger Kensington en Fatreton. Kom ons staan saam en vat ons gemeenskap terug van kriminele.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



