Steve se stortfoto

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr laat sy vroulike bewonderaars na hul asems snak.

Hy het geen bekendstelling nodig nie, en wanneer hy praat, skryf, sing, of soos in hierdie geval foto’s deel, trek dit aandag.

Steve het vier dae gelede ‘n “stomende” foto van hom in ‘n stort op Instagram geplaas, met die byskrif; “Ek stort met ‘n Groot Brak-uitsig oor Mosselbaai.”

Sy volgelinge se reaksie op die foto wys dat die 57-jarige Steve volgens hul smaak steeds die knieë lam kan maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel