Dokter van Kimberley van verkragting aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Dokter in Kimberley, Noord-Kaap, word glo deur ‘n klag van verkragting in die gesig gestaar.

Die 35-jarige dokter is aangekla nadat hy na bewering ‘n 17-jarige meisie by sy praktyk verkrag het.

Volgens sers. Dikeledi Gopane, woordvoerder van die polisie, word die voorval deur Kimberley-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek.

“Daar word beweer dat ‘n 17-jarige meisie Maandag 15 Augustus deur ‘n mediese dokter verkrag is,” sê Gopane.

“Nadat sy haar tannie oor die voorval ingelig het, het haar tannie ‘n saak teen die dokter gaan oopmaak.”

Die dokter verskyn op 22 Augustus in die hof vir ‘n borgaansoek.