Jeremy Mansfield se ma sterf op sy verjaarsdag

Deel hierdie storie / Share this story

Die radio – en televisiepersoonlikheid, Jeremy Mansfield (59) se ma is op sy verjaarsdag oorlede.

Mansfield het dié nuus op sy Facebook-blad gedeel.

Dit is die tweede terugslag die jaar vir Mansfield nadat hy vroeër vanjaar met fase-4-lewerkanker gediagnoseer is.

Volgens sy inskrywing het sy lewensmaat, Karen Corbett, vir hom ‘n verrassingspartytjie vir Sondag gereël.

Mansfield het Maandagoggend 05:00, op sy verjaarsdag, met die skoknuus wakker geword dat ay ma oorlede is.