Vermiste Indiese soldaat se liggaam na 38 jaar gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n Indiese soldaat wat 38 jaar gelede in die Himalayas verdwyn het, is uiteindelik gevind.

Die soldaat, genaamd Chandrashekhar Harbola, en 19 van sy kollegas was vasgevang in ‘n sneeustorting toe hulle besig was met ‘n patrollie in die Siachen-gletser langs die Indië-Pakistan-grens in 1984.

Vyftien liggame is later gevind, maar vyf was nog vermis.

Die weermageenheid wat Harbola se liggaam gekry het, het nog ‘n liggaam gevind, maar daardie liggaam is nog nie geïdentifiseer nie.

Bronne: BBC, Times of India, Hindustan

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verlore liggame en vliegtuigwrak uit 1968 op smeltende gletsers gevind