Regter beveel Musk toegang tot voormalige Twitter-baas se dokumente

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Regter het Twitter Inc beveel om dokumente wat behoort het aan ‘n voormalige uitvoerende hoof, aan Musk se prokureurs te oorhandig. Dit sal lig werp op hoe Twitter omgegaan het met verbruikersdata en die analisering van botte.

Twitter is beveel om dokumente van die voormalige algemene bestuurder, Kayvon Beykpour, bymekaar te kry, na te gaan en aan Musk te gee.

Beykpour het Twitter in April verlaat toe dit aan die lig kom dat die maatskappy Musk se aanbod aanvaar het.

Musk mag wel nie toegang tot dokumente van 21 ander werknemers by Twitter kry soos hy versoek het nie.

Bronne: Business Insider, Euro News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vermiste Indiese soldaat se liggaam na 38 jaar gevind