Gevaarlike verdagtes oorrompel polisiebeampte, ontsnap op Wolmaransstad

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Wolmaransstad het ‘n soektog geloods na twee verdagtes wat Saterdagmiddag omstreeks 16:20 saam met ses ander verdagtes by ‘n polisiestasie ontsnap het.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Gomolemo Chacha (24) en Ditshebi Eric Molaetsi (28) het saam met die ander verdagtes ‘n polisiebeampte by die aanhoudingselle oorrompel en so ontsnap.

Die verdagtes was vir onder andere gewapende roof, moord en gesinsgeweld in aanhouding.

Ses van die verdagtes is Saterdag en Sondag in hegtenis geneem.

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir die ontsnapte verdagtes en die naaste polisiestasie te kontak indien hulle gewaar word.

Kontak kapt. Constance Motswang by 060 970 9358.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel