‘n Nuwe neiging op die sosialemediaplatform, TikTok het gebruikers rooi laat sien.
Die nuwe tendens, wat die afgelope tyd soos ‘n veldbrand op TikTok versprei het, wys hoe ouers hul kinders in ‘n kamer toemaak, en hul dan afneem op hul fone terwyl daar ‘n blou “spook” agter hulle is.
Die kinders begin dan huil en probeer die deur agter hulle oopruk. Op sommige van die video’s kan gesien word hoe die ouers die deur met opset vashou sodat die kind nie die deur kan oopmaak nie.
Volgens SheThePeople kan tendense op TikTok skadelik vir jou gesondheid wees. Die sosialemediaplatform, wat sedert 2016 bestaan, het die afgelope agt jaar gegroei tot een miljard maandelikse gebruikers in 2022.




