Ndavi Nokeri is gisteraand as mej. Suid-Afrika, 2022, gekroon. Dié 23-jarige skoonheid is van Tzaneen in Limpopo en spog met ‘n graad in BCom-beleggingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria.
Nokeri is by die SunBet-arena by Times Square in Pretoria, gekron. Die vyf finaliste was Luvé Meyer, Ayanda Thabethe, Lebogang Mahlangu en Tamsyn Jack.
Ndavi het op haar Instagram ‘n video geplaas voor die kroning, waar sy sê: “Saam kan ons ’n nasie van innoverende en bemagtigde leiers bou deur minderbevoorregte leerders toe te rus met die nodige hulpbronne om hul grootste potensiaal te bereik.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



