Nog ‘aanhitsers’ van KZN-onluste in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 20 mense is gister in hegtenis geneem vir hulle vermeende betrokkenheid by die onluste wat Julie 2021 in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het.

Brig. Thandi Mbambo, woordvoerder vir die Valke, sê daar is vordering gemaak om diegene wat op sosiale media en ander platforms geweld aangehits het, vas te trek.

Die 20 verdagtes is Donderdag regoor die land in verskeie provinsies in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Durbanse landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel