Nog ‘n Matie pleeg selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens ‘n verklaring deur die Universiteit van Stellenbosch het ‘n student aan dié universiteit sy eie lewe geneem.

Polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, Wesley Twigg, het aan FiND iT bevestig ’n geregtelike doodsondersoeksaak is by die Stellenbosch SAPD geopen.

“Die liggaam van ’n 20-jarige man is by ’n koshuis in Merrimanstraat, Stellenbosch, ontdek.”

“Dit is met groot leedwese dat die Universiteit Stellenbosch die afsterwe gister (Dinsdag 9 Augustus 2022) van ’n student en inwoner van Simonsberg-manskoshuis op die Stellenbosch-kampus bevestig,” het Martin Viljoen, woordvoerder van die Universiteit Stellenbosch gesê. Hy het na bewering Dinsdag sy eie lewe in die Simonsberg-manskoshuis geneem.

Die Simonsberg-manskoshuis het in ’n verklaring die dood van die 20-jarige Ky Rowe bevestig.

“Met die dood van me Siphokazi Ntozini, ’n inwoner van Heemstede-vrouekoshuis, nog vars in ons geheue, rou die kampusgemeenskap nou oor die verlies van nog ’n jong lewe uit ons geledere,” sê dr. Choice Makhetha, senior direkteur: studentesake. 

“Ons hou die familie van die student gedurende hierdie uiters moeilike en hartseer tyd in ons gedagtes en gebede. Ons wil hulle van die US-gemeenskap se ondersteuning verseker. Ons dink ook aan die student se vriende en mede-inwoners in Simonsberg wat die verlies van ’n vriend moet verwerk.” 

Personeellede van ER24 se 24-uur-nooddiens en die US se sentrum vir studentevoorligting en -ontwikkeling het Dinsdagaand berading aan studente en personeel van die koshuis verskaf en sal daarmee voortgaan in die komende dae. Die universiteit was ook in verbinding met die oorledene se familie.  

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel