‘n Bejaarde vrou in Ceres is dood nadat sy vroeg Sondagoggend buite in haar rolstoel gevind is.
Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Sondagoggend op ‘n klagte reageer van ‘n bejaarde wat buite ‘n ouetehuis hier dood in haar rolstoel gevind is.
IOL berig dat die vrou, wat in haar 80’s is, na bewering deur personeel Saterdagaand na buite geneem is om ’n sigaret te rook. Sy is eers die volgende oggend buite gevind.
Die naam van die ouetehuis is aan FiND iT bekend en FiND iT het uitgereik na die bestuur, maar nog nie terugvoer ontvang nie.
Die bejaarde vrou is vermoedelik deurnag buite “vergeet”.
‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die Ceres-polisiestasie geregistreer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



