Plaaswerkers kry verbrande liggaam tussen suikerriet

Deel hierdie storie / Share this story

Plaaswerkers in Mid Illovo het Maandagmiddag op die liggaam van ‘n vrou in haar 20’s tussen verbrande suikerriet afgekom.

Volgens die polisie is haar liggaam om 12:00 gevind toe die werkers wou gaan kyk wat die brand in die suikerrietplantasies veroorsaak het.

Die vrou was onherkenbaar verbrand en daar was drade, soos dié van ‘n uitgebrande motorbuiteband, om haar nek.

Die enigste kledingstuk wat nog sigbaar was, was swart tekkies en donkerblou kouse.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om adj.off. Sithole by 076 946 2801 te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel