‘n Belowende jong rugbyspeler se rugbyloopbaan is kortgeknip nadat hy drie nekwerwels in ‘n rugbwedstryd gebreek en nóg een geskuif het.
Jauvan Prinsloo (17) wat vir sy skool, Hoër Volkskool Potchefstroom, se eersterugbyspan uitgedraf het, het Saterdag 6 Augustus ernstig seergekry in ‘n wedstryd teen Hoërskool Centurion.
Die besering het slegs 13 minute ná die wedstyd begin het, gebeur.
Volgens ‘n Facebook-plasing is hy is tans in die Tshepong-staatshospitaal in Klerksdorp. Hy is Dinsdag geopereer.
Die omstandighede rondom Jauvan se besering en die kostes betrokke rakende die operasie en rehabilitering is Maandag 8 Augustus op sosiale media gedeel.
Enigiemand wat ‘n bydra wil maak, kan Jauvan se pa, Rudi, by 0744644994 skakel.



