Jannie hang sy stewels op

Deel hierdie storie / Share this story

Die 39-jarige rugbyspeler Jannie du Plessis hang sy stewels na 19 jaar op.

Du Plessis, wat ook ‘n mediese dokter is, gaan nou die rugbyveld vir ‘n spreekkamer verruil.

Du Plessis het nog tot onlangs vir die Leeus in die Verenigde-rugbykampioenskap en die Curriebeker-reeks gespeel.

Du Plessis, wat in Bethelehem gebore is, het as 21-jarige in 2003 sy rugbyloopbaan by die Cheethas begin, waar hy deel was van die Curriecup-wenners in 2007, voordat hy in 2008 by die Haaie begin het.

Hy het ook die geleentheid gehad om in 2007, 2011 en 2015 Suid-Afrika in die Wereldbekertoernooi te verteenwoordig. Hy het 70 toetse vir die Bokke gespeel.

Du Plessis het in 2015 by die Franse klubspan, Montpellier, aangesluit en na vyf jaar teruggekeer Suid-Afrika toe. Hy het in 2020 by die Leeus aangesluit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel