VSA verklaar aappokke ‘n nasionale gesondheidsnood

Biden het verder bevestig dat geld bestee sal word aan die ontwikkeling en evaluering van entstowwe teen aappokke.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het aappokke tot ‘n wêreldwye gesondheidsnood verklaar.

Suid-Afrika het volgens data wat Dinsdag vrygestel is, nog drie onverwante gevalle aangemeld.

Tans is daar 23 276 aappokkegevalle wêreldwyd aangemeld.

President Joe Biden het Donderdag die groeiende aappokke-uitbreking tot ‘n nasionale gesondheidsnood verklaar, wat beteken dat die virus nou ‘n beduidende risiko vir Amerikaners inhou en maatreëls ingestel sal word om die bedreiging te beperk.

Die VSA het sedert Woensdag byna 7 000 gevalle van aappokke aangeteken, met die hoogste syfers in Washington, New York en Georgia.

Biden het verder bevestig dat geld bestee sal word aan die ontwikkeling en evaluering van entstowwe teen aappokke.

Alhoewel daar geen geneesmiddel vir aappokke is nie, kan vorige inenting teen pokke beskerming bied teen die infeksie.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.