Lewenslank vir Andrea Venter se moordenaar

Die man wat daarvan beskuldig is dat hy sy gewese meisie vermoor het, het lewenslank gevangenisstraf gekry.

Gerhard Jansen van Vuuren (41) het die 24-jarige Andrea Venter 16 keer op 2 Mei 2011 met ‘n mes gesteek voordat hy haar keel afgesny het.

Jansen van Vuuren was 30 toe hy die moord gepleeg het.

Hy is deur waarnemende regter Ian Cox gevonnis en volgens Cox het Jansen van Vuuren vir Venter met voorbedagte rade vermoor.

Jansen van Vuuren is slegs gewaarsku op die aanklag dat hy die veiligheidswag met ‘n mes gedreig het nadat dié Venter hoor skree het.

Inwoners van die kompleks in Lonehill in Johannesburg het wakker geskrik van Venter se gille en ooggetuiens het vertel hulle het gesien hoe Jansen van Vuuren haar jaag.

Venter het geval, waarna haar aanvaller haar toe van agter opgetel het en haar keel oopgesny het.

Jansen van Vuuren het daarna sy eie keel oopgesny, maar oorleef.

Nadat hy in hegtenis geneem is, was hy vir sewe maande in aanhouding voordat hy op borgtog vrygelaat is. Hy het in 2013 na Brasilië gevlug en is eers in 2020 aangekeer en aan Suid-Afrika uitgelewer, onderhewig aan sekere voorwaardes.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.