Bekende oud-radioman agter tralies

’n Video van Du Plessis se inhegtenisname het Donderdagmiddag op sosiale media die rondte begin doen.

Izak du Plessis

Izak du Plessis, die bekende oud-RSG-joernalis en aanbieder van sy eie internetnuuskanaal, Nuuspod, is agter tralies.

Du Plessis is Donderdagmiddag omstreeks 12:30 by ‘n bekende inkopiesentrum in Mbombela in hegtenis geneem.

Hy is deur ‘n spesiale ondersoekspan van die Valke en die polisie se misdaadinligtingseenheid en soek-en-opsporingspan in hegtenis geneem op sterkte van ‘n lasbrief vir minagting van ‘n hofbevel, berig Rekord.

’n Video van Du Plessis se inhegtenisname het Donderdagmiddag op sosiale media die rondte begin doen.

Die inhegtenisname spruit voort uit twee video’s wat op Nuuspod gepubliseer is, waarop twee afsonderlike mense oor Mike Bolhuis se optredes en ondersoekmetodes gekla het.

Hulle het Bolhuis onder meer daarvan beskuldig dat hy hulle geld gesteel het deur nie ‘n diens te lewer waarvoor hulle hom betaal het nie.

Die klaers het glo die videomateriaal aan Du Plessis beskikbaar gestel, wat hy toe op Nuuspod geplaas het.

Bolhuis het bevestig hy het ‘n lasbrief vir Du Plessis se inhegtenisname gekry nadat hy eers ‘n hooggeregshofbevel verkry het om Du Plessis te verhoed om hom verder te belaster en om onverwyld die insetsels en video’s van al sy sosiale platforms te verwyder.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.