Saak teen polisiebeamptes uitgestel

Die saak is tot op 8 September uitgestel.

Foto: Facebook

Die saak teen die polisiebeamptes wat daarvan beskulig word dat hulle Nathaniel Julies vermoor het, is uitgestel.

Julies, wat met Down-sindroom geleef het, is na bewering op 26 Augustus 2020, net meters van sy huis, deur die polisie geskiet.

Die drie polisiebeamptes wat van sy moord beskuldig word, is Simon Scorpion Ndyalvane, Caylene Whiteboy en Voster Netshiongolo.

Ndyalvane en Whiteboy staan tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade, regsverydeling en die besit van onwettige ammunisie.

Die verhoor moes weer begin ná die dood van regter Ramarumo Monama wat die saak voorgesit het.

Die drie was bedoel om weer te pleit – dié keer voor regter Cassim Moosa, voordat die verhoor weer begin.

Hulle moes egter hoor dat regter Moosa siek is.

Die saak is tot op 8 September uitgestel.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.