Mensehandel: Pa en seun borgtog geweier

Die saak is tot 22 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Foto: Middelburg Observer

Cornelius Johannes Uys (60) en sy seun Cornelius Johannes Albertus Uys (22) is borgtog geweier in die mensehandelsaak.

Die saak is tot 22 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Die ander twee verdagtes wat saam met die pa en seun in hegtenis geneem is – Carlos Bernardo Guambe en Gabriel Bernardo Guambe – is op 25 Julie tot drie maande gevangenisstraf of ‘n boete van R5 000 elk vir die oortreding van die Immigrasiewet gevonnis.

Volgens Middelburg Observer was die hofsaalgalery gevul met EFF-lede.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van mensehandel na ‘n multidissiplinêre operasie in Junie deur lede van die Nelspruit-gebaseerde Valke se ondersoekeenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad, die blitspatrollie, departement van arbeid en binnelandse sake.

Die amptenare het sewe vroue en nege kinders onder die ouderdom van vyf en 23 mans, almal bo die ouderdom van 18, “gered”.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.