Polisiebeampte koelbloedig met eie dienspistool vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiebeampte se liggaam is Woensdagoggend om 07:30 deur sy buurman in sy huis in Gedlembane, Pienaar, gevind.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê Mandlenkosi Happy Thwala (45) se ma het glo sy buurman gebel om te gaan kyk of alles pluis is, omdat sy onraad vermoed het. Die buurman het gaan kyk en in sy huis op sy lewelose liggaam afgekom.

Volgens brig. Mohlala het Thwala sigbare skietwonde aan sy kop en sy bolyf gehad. Die skote is met sy eie dienspistool afgevuur.

“Paramedici is ontbied en hy is ongelukkig dood verklaar,” sê brig. Mohlala. “Sy groen VW Polo Classic, sy dienspistool en selfoon was ook vermis.”

Brig. Mohlala sê ‘n verbyganger het die polisie daarvan ingelig dat ‘n pistool langs die pad, ‘n paar meter van ‘n padblokkade af, lê. Die polisie kon later vasstel dis die oorledene se vuurwapen.

Volgens brig. Mohlala is ‘n 29-jarige vroulike verdagte binne 24 uur na die moord in hegtenis geneem waar sy by haar kêrel se huis in Dayizenza weggekruip het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel