Boer van Piketberg vermoor

Omstandighede rondom die moord is nog onbekend.

Hendrik Pistorius (53), ‘n boer van Piketberg se liggaam is Woensdagoggend op sy plaas New Caledonia by Piket-Bo-Berg gekry.

Volgens die polsiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, word vermoed Pistorius is Woendagoggend tussen 03:00 en 07:00 noodlottig gewond.

‘n Saak van moord en roof word ondersoek.

Die polisie is na die toneel ontbied nadat ‘n lid uit die gemeenskap hulle laat weet het iemand is beseer. Met die polisie se aankoms op die toneel was Pistorius reeds dood. Sy liggaam was gedeeltelik deur ‘n krat bedek.

Van Wyk sê ‘n onbekende bedrag geld is moontlik uit Pistorius se lessenaar gesteel.

Die polisie ondersoek die saak.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.