Trauma en liefdesdade gaan hand aan hand vir Crime Scene Cleaner se eienaar

Wat sy as haar passie sien, sal menige mens laat steier en moontlik weghardloop.

Karin Roux van hierdie ongewone besigheid, Crime Scene Cleaner, beskryf dit as ‘n seën om haar droom en passie te kan uitleef.


Wat sy as haar passie sien, sal menige mens laat steier en moontlik weghardloop.
Crime Scene Cleaner spesialiseer immers in die hantering van gewelddadige en traumatiese tonele wat vanweë onvoorspelbare elemente in wat ‘n normale dag moet wees, opduik.


Wanneer jy dus vir Karin bel, is jy tien teen een geraak deur ‘n gewelddadige dood, aanval, of selfdood van ‘n geliefde en jy het iemand nodig om die toneel skoon te maak met die hoop dat die persoon diskresie sal hê.


Geen bekommernis nie, want Karin teken ‘n nie-openbaarmakingsooreenkoms met haar kliënte.
Sy lewer verdere dienste waar sy areas skoonmaak wat besmet is deur gevaarlike chemikalieë en siektes, asook voertuie waarvan liggaamsvloeistof verwyder moet word.


“Dit is maar altyd moeilik en ‘n baie sensitiewe saak. Partykeer is ‘n toneel so grusaam en skokkend.”
Karin se nuutste foto’s wys ‘n sogenaamde “hoarding” huis. Almal is deesdae bewus dat opgaar ‘n sielkundige afwyking kan wees. Die persoon kán regtig nie iets weggooi nie, wat nog te praat van wil. En dit is hier waar Karin se diens sy gewig in goud werd is.


Die besigheid werk nou al ‘n hele paar jaar saam met wetstoepassingsagentskappe wanneer haar diens in aanvraag is, en is sy ten volle bewus van alle wetlike aspekte wat die families en haarself beskerm.
Karin kan gekontak word by [email protected] of by 083 534 5051.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.