Familie dringend op soek na vermiste vrou

Haar familie het Dinsdagoggend die laaste keer van haar gehoor.

Foto: Facebook

Familie en vriende is dringend op soek na Shane Cilliers van Niekerk.

Volgens Gerda Marais, een van Van Niekerk se vriendinne, het sy op 28 Junie 2022 op WhatsApp die laaste keer met haar gepraat.

Haar familie het vroeg Dinsdagoggend laas van haar gehoor.

Sy het aan haar pa gesê dat haar selfoon binnekort gaan afgaan omdat hy pap is.

Niemand na aan haar het sedertdien van haar gehoor nie en almal is baie bekommerd oor haar.

Indien enigiemand inligting het oor Van Niekerk, kontak vir Gerda by 072 0999 328.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.