R150 000 borg vir twee wat glo tenderbedrog pleeg

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes wat van bedrog, korrupsie en oortreding van die wet op munisipale finansies aangekla word, is vandag in die hof R150 000 borg elk toegestaan.

Kapt. Christopher Singo, polisiewoordvoerder, sê Thabiso Benjamin Sekosana (29) en Dimakatso Christine Sekosana (55) en hulle maatskappy, Kill Crime Security, het vandag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

Die twee is in hegtenis geneem na hulle glo in 2020 tenderbedrog gepleeg het.

Die saak is tot 30 September uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel