Nog ‘n massaskietery het ses mense persone gedood en twee gewond. Dit het Saterdagaand by ‘n spazawinkel in Savannah Park in Mariannhill, KwaZulu-Natal plaasgevind.
Die polisie sê ‘n groep gewapende mans het uit die donker gekom en begin skiet.
Aanvanklike ondersoeke toon dat drie van die slagoffers die spazawinkeleienaar en sy twee seuns is.
Nog een van die slagoffers het by die spazawinkel gewag om ‘n tradisionele geneser te sien.
Die polisie glo hy was moontlik die teiken.
’n Soektog is aan die gang na die moordenaars.
Bronne: MSN, The Citizen, eNCA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Krugersdorp-aanval: Cele bevestig een vrou is deur tien mans verkrag



