Bheki Cele, minister van polisie, het onthul dat agt vroue slagoffers was tydens die Krugersdorp-musiekvideo-aanval.
Een van die slagoffers is deur tien verskillende mans verkrag.
Die afgryslike voorval het reeds ‘n reaksie van president Ramaphosa ontlok, wat belowe het om meer te doen om vroue te ondersteun. Ongelukkig voel praat in hierdie stadium net ongelooflik goedkoop.
Die vroue was besig om ‘n musiekvideo te skiet toe die groep boosdoeners op hulle toegesak het.
Mans wat op die stel teenwoordig was, is gedwing om uit te trek, terwyl die vermeende Zama Zamas voortgegaan het om die vroue te verkrag te midde van geweervuur.
Minstens ‘n dosyn vroue is aangerand, met die jongste wat net 19 jaar oud was. Tydens ‘n persinligtingsessie kon Bheki Cele, minister van polisie, ‘n paar feite openbaar maak.
Die name van die slagoffers is weerhou, maar die minister het wel verklaar dat ‘n meerderheid van die vroue plaaslik was, van “óf Alex óf Soweto”.
Drie arrestasies is sover gemaak.
“Ons is om middernag van die Krugersdorp-voorval ingelig. ‘n Groep van 22 mense was besig om ‘n musiekvideo te skiet. Daar was 12 vroue en 10 mans. Nog tien aanvallers het opgedaag in komberse en klapmusse en hulle aangeval.. Skote is afgevuur. Een vrou is deur 10 mans verkrag.”
“Die slagoffers was tussen 19 en 35 jaar oud. Die meeste is jong meisies van óf Alex óf Soweto. Hulle is van hul skoene en hul besittings beroof en is kaal uitgetrek. Dis ‘n slegte situasie. Drie van die verdagtes is reeds Vrydag in hegtenis geneem,” het Bheki Cele gesê.
Bronne: MSN, The South African, Krugersdorp News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Krugersdorp-musiekvideo loop verskriklik skeef toe bende gewapende boewe stel bestorm



